Dagbreek Uitgewers

Dagbreek Uitgewers is met die doel gestig om nuwe skrywers van hulp te wees met die publisering van hul werke; fiksie, nie-fiksie en romanse. Manuskripte kan aan alta@dagbreekuitgewers.co.za gestuur word vir goedkeuring. Erkende en gesoute skrywers welkom.

                      Dagbreek se skrywers hoekie.

G Nothnagel

“Met opregte oortuiging  wat spruit uit positiewe ervaring kan ek Dagbreek Uitgewers met vrymoedigheid by voornemende skrywers aanbeveel.  My nie-fiksie boek “Wetenskap en Geloof”  is plek-plek, weens onvermydelike wetenskaplike toeligting  nogal tegnies uitdagend, maar moet steeds toeganklik wees vir die denkende algemene lid van die publiek. Ek was meer as net effens beïndruk met die wyse waarop Alta van Niekerk die manuskrip spoedig en vakkundig korrek kon proeflees, maar veral met die insig waarmee sy voorstelle ten opsigte van teksuitleg gemaak het wat help om die leser se aandag te vang, te ontspan en dan weer te fokus. Dagbreek Uitgewers se snel proefleesdiens, pro-aktiewe raad, effektiewe administrasie en logistiek, maar bo alles hul passie vir Afrikaans, maak hulle beslis aanbevelingswaardig.” Gawie Nothnagel

Bottelgot

Dagbreek uitgewers was baie goed vir my en ek dink Alta was fantasties. My eerste boek is gemaklik van manuskrip na drukvorm omskep en ek is baie gelukkig met die eindproduk.

Dankie Alta

Hercules Viljoen

“God is asking you out on a Date..!!”  Elizabeth Desma Petersen

To Dagbreek publishers for their excellent service. I never had to wait for responses, I immediately got answers back to all of my enquiries. This was really an amazing experience. A huge thanks to Alta, you are an amazing person. I will recommend them to anyone. Good service. May the Lord lead you to new heights.

Die Student

Daar staan Geskrywe ( Die ware Naam van Jesus) asook wat het geword  van Sy belofte oor die wederkoms.

Langs hierdie weg wil ek graag vir Alta en haar span my waardering uitspreek: Alta, baie dankie vir jul onbaatsugtige  opofferings, geduld en liefde waarmee julle jul toerus om van Afrikaans, en ons moedertaal, aan enige, gekeurde skrywer die geleentheid te gee, om sy hart deurmiddel van boekvorm openbaar te maak. Hetsy deur fiksie, nie fiksie, romanse, geestelik of wat ook al. Mense soos julle is die sout  van die aarde. Ek raai ook elke voornemende skrywer aan om van Dagbreek se dienste gebruik te maak. Laastens net ǹ vriendelike dog êrenstige vermaaning aan Alta;

Jou ure wat jy insit sal sy tol eis en daar is nog baie voorgenome skrywers wat van jul dienste gebruik sal maak. Kyk asseblief na jouself en jou gesondheid. Ek wens Gods rykste sëen toe aan julle.

 Dieter Lochner

Versigtig

Ek is baie dankbaar teenoor Dagbreek Uitgewers en veral Alta van Niekerk. Die proses was vinnig en effektief. ‘n Paar e-posse later het ons ʼn eindproduk gehad. Die drukwerk was sonder haakplekke en baie netjies. Alta is gemaklik en dis lekker om saam met haar te werk, sy het die hele proses so maklik laat vloei dit het eintlik eenvoudig gevoel. Baie dankie Alta en jou span.

Annetjie Coetzee

Juffrou Parmant

Al my dank aan Alta en Dagbreek wat dit vir my moontlik gemaak het om hierdie boek uit te gee. Baie dankie Alta vir die ure se werk met die hersiening, altyd beskikbaar, die onmiddellike terugvoer, altyd vriendelik en bereid om die ekstra myl te stap. Alta jy is ʼn ster.

Hierdie boek word opgedra aan Goedgeleë en sy mense. Elkeen se wel en weë. Ons gelukkige samesyn. Geniet Goedgeleë se agtergrond.

Quentin van den Bergh

Dit was vir ‘n groot voorreg om met Dagbreek Uitgewers te werk. Hulle is baie professioneel, maar steeds vriendelik en behulpsaam. Alta, baie dankie vir die manier wat jy my gelei het in die publisering van my eerste bundel en al jou advies en geduld. Dit is ‘n absolute plesier gewees om saam met jou te werk. Enigiemand wat uitgewers oorweeg, ek beveel ten sterkste Dagbreek Uitgewers aan voordat jy na ander uitgewers toe gaan.

Juanita Loubser

Noord-Eind kookboek

Alta, dankie aan jou en Dagbreek uitgewers vir Laerskool Noord-Eind se eindproduk. Die resepteboek is goeie kwaliteit en baie mooi gedruk en saamgestel. Dankie vir geduld en samewerking met die druk van die boek.

Elzie Swart

Eva

ʼn Nuwe aarde word geskep sodat daar ʼn oorloop na ʼn nuwe begin kan kom…  ʼn nuwe aarde omdat die ou aarde besig is om homself te vernietig deur ʼn selfsugtige mensdom wat geen duit vir ʼn ander omgee nie… elkeen net vir homself!  Bestellings en navrae kan gerig word aan: elzieswart@mweb.co.za of tel nommer: 072 275 9572

Eleanor Lombard

Die son se donker kant

Die land is in chaos gedompel. Wat doen jy as alles om jou in duie stort? Geen elektrisiteit, geen water in die krane, geen telefone, radio- of  TV-uitsendings nie. Toilette wat nie meer werk nie. Geen brandstofverkope nie. Winkels sonder kos.

Dis hierdie krisis wat Hendrik en sy vrou, Drienie, moet hanteer. Ná ʼn koranale massa-uitbarsting op die son, is die aarde deur ʼn elektromagnetiese uitstraling getref wat ʼn algehele kragonderbreking en vernietiging van satellietverbindings veroorsaak. Daar is geen nooddienste meer nie en wetteloosheid en plundery het oorgeneem.

Uit nood wyk Hendrik en Drienie uit na hulle plasie in die Karoo. Hulle het geen keuse nie as om Drienie se ma saam te neem. Hendrik se dogter, Stella, en haar man, Kobus, met hulle vierjarige seuntjie sluit by hulle aan.  Ook die selfgesentreerde Myra, Hendrik se eks, en haar introvert-man, Etienne,  met hulle rebelse seun, Shaun, vlug plaas toe.

Maar op die plaas is hulle nie net in ʼn  oorlewingskrisis nie. Onderlinge spanning bou op en konflik neem toe. Gaan Myra dit regkry om Hendrik af te rokkel? Hoe gaan die konflikwerende  Drienie daarop reageer? Kan Stella en Kobus hulle huwelik red? Gaan Etienne breekpunt bereik? Hoe gaan die daggarokende tiener, Shaun, aanpas? Hulle is aan mekaar uitgelewer, met noodlottige gevolge.

Die groepie moet verskeie noodsituasies  –  selfs die  –  dood hanteer. Hulle stryd om oorlewing neem krisisafmetings aan en hulle het geen kontak met die buitewêreld nie. Konflik ruk handuit. Wat hou die dag van môre vir hulle in?

Navrae en bestellings kan gerig word aan: ellombard@oranet.co.za  of tel nommer: 082 361 7296

Verkoopsprys R230.00

Verhoudingsroman

Eleanor

Wanneer jy vir die eerste keer ʼn boek publiseer gaan jy onbekende vaarwater binne, maar met Dagbreek Uitgewers en Alta van Niekerk aan jou sy kan jy ontspan. Jy kom gou agter jy is in goeie hande. Vanaf die eerste e-pos wat ek van Alta ontvang het, is ek stap vir stap deur die proses geneem sonder enige probleme.  Dit was verfrissend om gewoonlik dieselfde dag ʼn antwoord te ontvang as ek oor iets navraag gedoen het. So iets is deesdae skaars!

Om uiteindelik die gepubliseerde boek in jou hand te hou is ʼn besonderse ervaring. Ek is baie tevrede met die eindproduk en dit is grootliks te danke aan Alta se geduld en kundigheid.

Adele Von Ronge Kotze

Graag wil ek net van die geleentheid gebruik maak om vir Alta by Dagbreek Uitgewers bitterlik dankie te se vir al haar hulp en bystand met die geboorte proses van Grote Griet. Haar geduld met my verdien n goue medalje en haar insette was prysloos. Dankie Alta jy is voorwaar n diamant my boek se voorblad is stunning en as ek daarna kyk voel dit soos n droom, n droom wat jy help bewaarheid het. Ek werk graag weer saam met jou, ek het hoeka al weer n idee wat kop uitsteek…

Elize Viviers

As is verbrande Hout

Ek is ‘n nuwe skrywer en was aangenaam verras oor die diens wat ek van Dagbreekuitgewers af ontvang het.   Alta het uit haar pad gegaan om my behulpsaam te wees.   Sy was flink en wakker en het elke e-pos beantwoord wat ek aan haar gestuur het.Baie dankie daarvoor,

Agatha van der Merwe

Baie dankie aan Alta en Dagbreek uitgewers wat my gehelp het om my eerste verhaal (Lokval by Gwenaël-wynlandgoed) te publiseer.  Dit was ‘n voorreg om saam met Alta te werk en sy het die grootste geduld met my as nuwe skrywer aan die dag gelê totdat ek tevrede was met my boek.  Die hele proses vandat my manuskrip goedgekeur was totdat dit gepubliseer is, was baie vinnig en Alta het werklik vinnig op elke epos reageer en al my vrae beantwoord. Baie dankie weer eens, Alta.

Joanne Hutchens

Sak vol Drome

My opregte dank aan Dagbreek Uitgewers vir die publikasie van my eerste boek “Sak vol drone”. Ek het so baie vrae gehad aan die begin en ek het nooit nodig gehad om te wag vir ‘n antwoord nie.  Dagbreek uitgewers het my belangrik laat voel van die begin af, hulle ondersteuning en diens is uitstekend.  Ek waardeer regtig alles wat hulle vir my gedoen het om my boek bekend te stel. Hulle is baie professioneel! Geen vraag was te klein of onbelangrik nie.

Willem Esterhuyzen

Deur die driffies

Niemand weet wanneer sy bestemde tyd op aarde verby gaan wees nie; dus moet ons doen wat ons nog wil klaarkry asof môre glad nie gaan kom nie. Soos seker elke ander ou wil ek ook graag iets vir my nageslagte nalaat om hulle aan my bestaan te herinner.Die probleem is dat ek al diep in my sewende dekade trek, terwyl die somtotaal van my nasate nog net een is.Dit is die enigste doel van hierdie sketse: die optekening van stukkies onthou uit my verlede. En dalk die erkenning dat ʼn mens maar versigtig moet gaan deur die driffies van die lewe, of moeilikheid is jou voorland.Bestellings en navrae kan gerig word: epos: estwlw@mweb.co.za of tel nommer 082 375 7295.  Prys R320.00

 

Denise Graaff

Verpleegjuweeltjies

Natuurlik verlang ek na my vorige beroep!Ek blaai op stil oomblikke deur my herinneringe en ek verlang na verpleegstandaarde van jare gelede.  Genugtig, ek verlang gedoriewaar die ou Pretoria Algemene Hospitaal ook raak. As jy ʼn senior is, mag jy op die eerste vloer ʼn kamer kry met deure wat op ʼn groot balkon oopmaak. Somernagte het ons die beddens tot op die balkon geskuif en tot watter tyd geklets en na die verskietende sterre en die maan se slakkepas aan die donker hemelruim gekyk. Vroegoggend het die sonsopkoms en die voëls se oggendlied ons voorberei op nog ʼn nuwe dag, ryk aan verpleegjuwele. Dis vir my hartseer dat die verpleegberoep so verander het. As jou hospitaalverblyf vandag ʼn deernisvolle verpleegster oplewer, skep jy so effens moed. Al die sketse in Verpleegjuweeltjies is regtig waar! So, as ek jou raakgeskryf het, onthou dat jy deel van my juwele was en nou ʼn plekkie diep in my hart gevind het. Bestellings en navrae kan gerig word:epos: graaffd@worldonline.co.za of tel nommer 082 894 5533  Prys R280.00

Frans Gouws

Houtjie van die galg

Henrik Ruiters is tot dood veroordeel en kry kennis dat hy oor ‘n week gehang gaan word. Kan die jong onervare prokureur Hardus Grove hom red van die galg? Hardus raak betrokke met ‘n mooi dosent, maar Henrik se studende suster probeer ‘n wig indryf in die nuwe verhouding. ‘n Betoging binne die hof en die moord wat volg beinvloed die verloop van die dringende hofaansoek om Henrik te red. Is daar genoeg tyd oor vir Hardus om die onmoontlike te vermag? Tyd is nie sy maat nie.  Bestellings en navrae kan gerig word aan: frans@thegouwses.co.za of 082 784 4817.

Verkoopsprys R220.00

Calie Henn

The autobiography ‘The Unknown Musician’ by Calie Henn ‘ tells about his happiness and the heartbreaks in his career as a musician. He describe his love of music from an early stage in his life with the Beatles, Rolling Stones, Brian Adams, Van Halen, The Shadows and many more as his role models. Hy is ook verantwoordelik vir die klankbaan van ons fliek ‘Soetendalsvlei’, tesame met twee van Dagbreek se digters, Urte van der Watt en Mickey Meeu as liriekskrywers.

Bestellings en navrae kan gerig word aan Calie Henn by e-pos; caliehenn29@gmail.com of 0827359187.

 

Ria

Dagbreek Uitgewers…Vandag wil ek n spesiale dankie sê vir Alta van Dagbreek Uitgewers…
In n tyd waar almal kla oor diens, het hierdie vrou my stomgeslaan…gedryf en nagte laat omgewerk.
Want ek moes uithaal om voor te bly. Met elke edit wat ek in die nag terug gestuur het…was daar n mail en terugvoering met klaar aangebringde veranderings in die oggend as ek opstaan.
Vandat ek my bundel die eerste keer voorgelê het…tot vanoggend wat ek hoor die order is by die printers, was warrelwind weke.
Dankie Alta vir die gesels, raad, geduld, beantwoording van tientalle dom vrae, flinke terugvoering,  genadelose aandrywing en simpatieke aanmoediging…

Jy is fenomenaal!!!

Emsie

My opregte dank aan Dagbreek Uitgewers vir die publikasie van my eerste boek “Die Pad na Oorwinning”. Ek het so baie vrae gehad aan die begin en ek het nooit nodig gehad om te wag vir ‘n antwoord nie.  Dagbreek uitgewers het my spesiaal laat voel van die begin af, hulle ondersteuning en diens is uitstekend.  Ek waardeer regtig alles wat hulle vir my gedoen het om my boek bekend te stel. Hulle is baie professioneel!

Wilna Stoltz

Een groot dankie aan Alta en Dagbreekuitgewers . Hulle diens is puik en uit die boonste rake.Was dit nie vir Alta se vriendelikheid, bemoediging en ondersteuning nie, was my boekie nie nou gedruk gewees nie.

Die boekie lyk pragtig. Alta jy is ‘n ster

JacolienPrinsloo

Dagbreek Uitgewers doen hul naam waarlik gestand! Ek het so wat 4 maande gelede vir Dagbreek genader met ‘n manuskrip, ek is total onervare gewees in hoe ‘n proses tot by die drukpers lyk. Toeganklikheid, behulpsaamheid en gereelde kommunikasie is wat uitstaan in hierdie proses van samewerking. Alta van Niekerk het my droom kom bewaarheid met hulp, raad en ‘n opgewondenheid oor my skryfwerk. Dis soos‘n vars nuwe dag om te doen te kry met ‘n instansie en mense wat graag wil help en passievol is oor die industrie waarin hulle werk.

Baie dankie aanDagbreek dat julle “Diamant Muilband”asem ingeblaas het en ek sien baie uit om in die toekoms weer met julle saam te werk!

Marni Swart

Dagbreek Uitgewers, Wat kan ek sê, Hoe kan ek begin om my dank te betuig. Die Diens en hulp wat ek van Alta gekry het kan nie in woorde omskryf word nie. Altyd was daar vriendelikheid en altyd was daar hoop gegee. Dit was die wonderlikste ding om te weet daar is iemand daar buite wat so belangstel om ander mense te help. Om iemand soos ek, wat al so lank ʼn droom het, te help om daardie droom te bewaarheid.Nooit sal ek genoeg kan dankie sê nie. En nooit sal ek kan vergeet wie my my eerste kans gegee het nie. Dit beteken die wêreld vir my dat iemand in my glo en my werk ernstig opneem.

Dankie Dagbreek en Dankie Alta van Niekerk vir die wonderlike en vriendelike Diens.

Nico Keyser

 Eerstens wil ek my dank uitspreek teenoor  Dagbreek uitgewers, by monde Alta, wat van dag een my op ʼn professionele wyse gehanteer het. Sy het my laat welkom voel in die skrywers miljee en my boek objektief beoordeel as leesstof ten gunste van die bree publiek. Sy was ʼn steunpillaar vir my in baie kwessies waar ek te kort geskiet het en was sy deurgans daar om my behulpsaam te wees. Ek is inderdaad trots om deel te kan wees van die Dagbreek familie en kan die maatskappy aanbeveel as die beste keuse ooit.

Riël du Toit

’n Woord van dank aan Dagbreek Uitgewers!    My manuskrip was in Afrikaans en daarom het ek ’n Afrikaanse Uitgewer gesoek!  My oog het op die Afrikaanse naam Dagbreek Uitgewers geval, en so het ek hulle gekontak.                  

Nadat ek aan hulle die tema van my skrywe verduidelik het, is ek gevra om van my stories aan hulle te stuur.  Ek het die aand ’n paar stories aan hulle ge e-pos en die volgende oggend ’n e-pos terug ontvang met dié woorde; Ons hou van wat ons lees!  Dadelik is daar rapport gemaak en is daar begin met die nodige voorbereidings om te publiseer! 

Alles het nie van die wegspring altyd seepglad verloop nie en daar was dikwels verskille tussen my en Dagbreek.  Ons kon egter die meeste probleme soos grootmense en volwassenes binne die bestek van ’n e-pos oplos!  Alta van Niekerk het my in haar vertroue geneem en ek vir haar.  Op hierdie manier het ’n vrugbare en goeie werksverhouding ontstaan!  Ek kon haar enige tyd nader met enige probleem of versoek en sy het meestal na my klagtes en voorstelle geluister!  Enige probleem is altyd deurnag opgelos!

Dankie, Dagbreek, my boek lyk goed en voel goed in die hand!

 

Prof Boela Swanepoel

My ervaring met die publikasie van my eerste boek deur Dagbreek Uitgewers was vir myself ‘n wonderlike reis in die boekewêreld gewees.  Alta van Niekerk het deurlopend ‘n professionele diens gelewer van die oomblik met die ontvangs van my manuskrip tot by die finanle publikasie van my eerste boek.  Elke verandering wat deurgestuur is vir regstelling, is dieselfde dag nog reggemaak en teruggestuur vir oorweging.  Ek kan haar en Dagbreek Uitgewers met ‘n oop gemoed aanbeveel.

 

Renier Palland

“Dagbreek Uitgewers het my lewe verander. Alta en haar span het uit hul pad gegaan om al my nukke en giere te aanvaar en het my gerusgestel ten alle tye. Ek is dankbaar dat Dagbreek die kans gewaag het met ‘n onbekende digter. Hulle het my die vryheid gebied om self belangrike besluite oor my werk te neem. Dit is ‘n wonderlike tuiste vir nuwe skrywers en is soos om deel te wees van een groot familie. Baie, baie dankie, Alta.”

Emsie Klopper

My opregte dank aan Dagbreek Uitgewers vir die publikasie van my eerste boek “Die Pad na Oorwinning”. Ek het so baie vrae gehad aan die begin en ek het nooit nodig gehad om te wag vir ‘n antwoord nie.  Dagbreek uitgewers het my spesiaal laat voel van die begin af, hulle ondersteuning en diens is uitstekend.  Ek waardeer regtig alles wat hulle vir my gedoen het om my boek bekend te stel. Hulle is baie professioneel!

Pat Michaels-Neethling.

Baie dankie vir u harde handewerk, u het my grootste waardering.  Dis vir my regtig ‘n voorreg en eer om Dagbreek Uitgewers as my ‘Publishers’ te kan gebruik.  U hulp, geduld en positiewiteit, is voorwaar ‘n GROOT inspirasie en ek sal enige persoon aanbeveel na u.  Daar is weinig uitgewers wat nuwe talent wil bekendstel.

Dagbreek Publishers is amazingly supportive & blessed, in every aspect.  They/Alta are giving people like me, the opportunity to let our true colors & talent shine through, by the Grace of God.  May God’s blessing ALWAYS shine on Dagbreek Publishers….in Jesus Name.
Alta, you are fabulous!
THANK YOU.

Mickey Meeu.

“Toe ek my digbundel na Dagbreek Uitgewers gestuur het, het ek nie verwag dat hul redaksie so flink sou wees met die lees van die boek nie – eerder gedink hul sou weke of maande vat daarmee. Tot my verrassing het ek ‘n email gekry van Alta wat my boek goedgekeur het vir publikasie nadat dit deur hulle gelees is. Ek het binne maande my kopië van Strandmeer van Gedagtes ontvang na baie harde werk oor en weer deur die nagte. Alta is flink van gees en ek kan net dankie sê vir haar insette om so ‘n pragboek aan my te verskaf…”

Elsona Steyn

My eerste boekie, Skatkis vol Onthou, is so pas voltooi en deur Dagbreek Uitgewers uitgegee. Dit is met groot trots en vreugde dat ek hierdie boekie asook my naam aan dié van Dagbreek Uitgewers koppel. Alta en haar span het my boekie met groot ywer aangepak, my ondersteun en te alle tye professioneel opgetree. Ek gaan beslis nr 2 in hul bekwame hande laat!!

Johan Greyling

“  Die feit dat ek by Dagbreek  Uitgewers uitgekom het is vir my ‘n groot Seëning.  As groentjie op die speelveld het Alta dit vir my regtig maklik gemaak.

Ek moes nooit wag vir terugvoer nie, as ek kyk is die  e pos daar.  Die profesionele manier wat julle my hanteer het laat my amper soos ‘n skrywer voel.

Ek glo dat my boek   Slim Pa dom Pa  tot sy reg sal kom met julle insette en hulp. Ek het julle reeds  aanbeveel by ander skrywers en sal aangaan om dit te doen. Mag God julle seën in julle werk. “

Ds. Brian Henry Coraizin.

Geleenthede vir nuwe skrywers om hul staal te vertoon is maar skraal in baie opsigte en jy word nie maklik ‘n kans gegun om jou skrywersideaal te verwesenlik nie.  Dagbreek Uitgewers het aan my ‘n geleentheid gebied om my eerste Afrikaanse boek met sukses te publiseer. Doeltreffende redaksie en professionele leiding en gepaste voorstelle het van my ‘n skrywer gemaak in ‘n kort tydperk.  Terugvoering wat gereeld plaasgevind het en betroubare hantering van my fondse vir drukwerk het aan my ‘n boek besorg waarop ek trots is.  Ek is gemotiveerd om aan te hou skryf en sal nog vele boeke publiseer met hul bekwame bystand en ondersteuning.  Groot dank aan Alta vir haar leiding en vriendelike bystand altyd en op alle tye.  God seën jul.

Johan van Rensburg

Baie dankie vir julle wonderlike hulp, raad en ondersteuning!  Dankie dat julle vir mense soos myself kans gee om my eerste boek die lig te laat sien en om dit op rakke te kry!  Baie baie min uitgewers gee nuwe skrywers ‘n kans!  Ek het so geleer en ontwikkel as mens en skrywer, en is baie dankbaar!  Vernaamlik omdat ek nie eers van lees gehou het nie.  Maar deur julle bystand en aanmoediging het ek ‘n great boek geskryf en Dank Ons Hemelse Vader dat Hy julle en my bymekaar uitgebring het!  Dis ‘n wonderwerk !!  Julle is Awesome en ek is bevoorreg dat julle my raakgesien het!  My volgende boek sal nog beter wees, want julle is aan my sy!

Estelle Diederiks

Hiermee my opregte dank vir die proeflees en druk van my boek Spieëlbeeld. Nooit het ek gedink dat my droom om ʼn boek die lig te laat sien, waar sou word nie. Julle het dit vir my moontlik gemaak en boonop binne ʼn rekordtyd van ongeveer drie maande! Alta, dankie vir jou insette en gereelde terugvoering om my op hoogte te hou. Ek waardeer elke aspek waarmee julle gehelp het. Baie dankie!!!

Dankie vir die bemarking op jul webtuiste en facebook.

Joey Jansen

Dankie Dagbreek Uitgewers vir jul bystand en bemoediging om my die moed te gee om my manuskripte wat reeds stof op die rakke versamel het deur te stuur vir publikasie. Ook vir jul raad en die nodige leiding om dit glad te laat verloop. Baie dank aan julle.