Author: Benno Kuhn Genre:
Rating

Hoe kan ek ʼn gemaklike rit verwag met ʼn lendelam motortjie op ʼn sinkplaatpad? Hoe kan ek die roostuin waardeer deur ʼn wasemrige ruit? Hoe kan ek ooit ʼn wen-lint breek in ʼn wedloop as deursettingsvermoë nie deel is van my lewe nie? Hoe kan ek opgewonde word oor ʼn sonsopkoms as ek geen belangstelling het in God se skepping nie? Hoe kan ek ʼn bejaarde se moeitevolle reis bewonder as ek net in myself belangstel? Hoe kan ek ooit ʼn pragtige skildery waardeer as ek alles wat ek besit met geld gekoop het?

Is dit nie tyd om myself af te vra of die dinge wat met my gebeur nie met ʼn rede gebeur nie? Gebeur dinge met my nie dalk omdat God ʼn plan vir my lewe het nie? Wil God nie dalk vir my iets sê deur toe te laat dat die dinge met my gebeur nie? Gebeur die dinge net met my of met ander mense ook? Hoekom voel dit dat wanneer daar iets in my lewe plaasvind, dit altyd in die ergste graad geskied?

In 40 Ankers vertel Benno dat alles wat met hom gebeur het, ʼn rede het. Niks is toevallig nie. Die woord toeval hoort nie in die woordeskat van ʼn Christen nie. (Die woord toevallig moet eerder vir ʼn Christen beteken . . . Toe Val God Se Lig Daarop!) As jy al die gebeure in ʼn kookpot gooi, dit roer en laat prut, kom jy agter dat die gebeure met mekaar verband hou. Kom jy agter dat God ʼn plan en ʼn doel ook met jou lewe het.

Benno het ook die stofpad gestap en dikwels homself bejammer oor dinge wat met hom gebeur het. Dikwels uitgeroep: “Hoekom met my!” in plaas van te sê: “Dankie, Here, dat dit ek was!”

Mag elke leser wat hierdie Anker-pad saam met my stap, saam ʼn onomkeerbare keuse vir Jesus maak – hetsy opnuut of ʼn aanvanklike keuse. Mag 40 Ankers ieder en elk in ʼn wonderlike nuwe seisoen inlei, ʼn seisoen vol hoop en Jesus vreugde!

Alle navrae en bestellings kan gerig word aan 9benno@global.co.za of tel nommer: 082 5517341

 

Prys: R240.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.