Author: Liesel Samantha Fortuin Genre:
Rating

Op die Kaapse Vlakte lewe ons tans in ʼn era waar tienerswangerskap die orde van die dag is. Dit is so ooglopend dat tiener meisies daagliks sukkel, veral wanneer daar druk is van skoolwerk, of in Stacy se geval, haar studies. Dis ook ʼn tydperk waar gemeenskappe se enigste ondersteuning aan hierdie tipe kinders, skinder behels.

Hierdie roman spreek die kwessies aan van: tienerroekeloosheid, tienerswangerskap, enkelma’s wie sukkel om aan die gang te bly, ʼn gemeenskap vol armoede en werkloosheid. Baba Skye bring weer lewe en hoop in haar familie se lewe en is ook die simbool van inspirasie vir haar jong-en enkelma, Stacy.

Die karakters se direkte woorde is in Kaaps geskryf. Gemik op tieners as ʼn inspirerende verhaal dat hulle wel bo hul omstandighede kan uitstyg. Hierdie roman kan ook deur die ouer geslag geniet word, om hulle bewus te maak hoe om ondersteuning aan ons hedendaagse tieners te bied. Dis ook op tye ʼn baie sensitiewe verhaal, maar het ook ʼn humoristiese kant.

Bestellings en navrae kan gerig word aan: lsfortuin@gmail.com of tel nommer 073 206 4187

Prys: R160.00

Comments are closed.