Author: Joey Jansen Genre:
Rating

Die biljoenêrsvrou Shawnte Malan word op heterdaad betrap by die lyk van haar man se vennoot na die polisie op ‘n naamlose oproep gereageer het.

Is sy skuldig aan die moord waarvan sy aangekla word of is al die getuienis gefabriseer soos sy beweer?

Sersant Niel Botha beskou die moord as ‘n ‘open and shut case’ maar begin twyfel na ‘n aanval op haar lewe in die polisieselle?  Is sy die slagoffer van vuilspel of het sy alles beding?

Na borgtog geweier is en ‘n tydperk van evaluasie aanbeveel word, kruis haar pad weer met haar grootste vyand, dokter Theo de Villiers die superintendent van die kliniek.  Deur haar artikel van ‘n jaar gelede toe sy verslaggeefster by die Aandstêr gewerk het, het sy, sy drome om die Nobelprys te wen in die wiele gery en hy het wraak gesweer.

Die saak word na kaptein Alex Swart van die Valke verwys terwyl haar ma, professor Juanita Naude, ‘n krimologiese lektriese aan die Universiteit van Pretoria begin met haar eie ondersoek  om haar dogter se onskuld te probeer bewys.  Met haar spannetjie, bestaande uit Shawnte se jeugvriend,  Hugo en sy pa Walt de Meyer, word waarhede ontbloot, tot die kaptein se ergenis.

‘n Feit waartoe altwee spanne saamstem is dat dokter Theo de Villiers soos ‘n seer vinger uitstaan en dat hy is skuldig.   Maar dan onstaan die vraag, wie is sy helper of is hy die een, wat die situasie beheer?

Prys: R119.90

order-now-button

Comments are closed.