Author: Engela de Bruyn Genre:
Rating

Op pad terug van die dokter is die hoog swanger Alta in ʼn ernstige motorongeluk betrokke waarna sy lewe skenk aan ʼn gestremde seun, Wikus. Met geen hoop op ʼn normale lewe en gekoppel aan lewensnoodsaaklike masjiene, noop skuldgevoelens haar om self sy verpleging waar te neem maar dit is ten koste van haar man en twee ander seuns.

Soos die tyd aanstap begin haar gesondheid daaronder lei en hulle besluit om Wikus na ʼn versorgingseenheid oor te plaas. ʼn Nuwe probleem begin sy kop uitsteek met die bykomende finansiële koste en daar moet ernstig besluit word oor Wikus se toekoms.Sal die besluit, die hegte familie uitmekaar ruk of nader aan mekaar bring?

Navrae en bestellings kan gerig word aan: engeladb38@gmail.com of tel. 082 870 5163.

Prys: R180.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

 

Comments are closed.