Author: Hentie Camacho Genre:
Rating

Nina is nie net die hoofkarakter nie, maar sy is ook my sussie en die inspirasie vir hierdie storie. Haar dating lewe is nie iets om oor huistoe te skryf nie en met tye was dit of lagwekkend of skrikwekkend! Ek het na aanleiding van hierdie lawwe dates besluit om dit in ʼn storie vir ander neer te pen.

Nina is ʼn gewone tienerdogter, sy bly in ʼn klein dorpie en is in ʼn meisieskool. Sy stel glad nie belang in dating nie en dink nie eers aan kêrels nie. ‘n Onverwagte formele bal duik op en Nina wat glad nie in sulke absurde geleenthede belang stel nie, word verplig om dit by te woon met ‘n metgesel.

Die een date na die ander was katestrofies en sy het begin benoud raak oor die moontlikheid dat sy geen kandidaat gaan kry nie. Die dates, net soos Nina se lewe, het onverwagte kronkels en draaie gemaak en die eindresultaat was iets wat Nina nooit verwag het nie.

Hierdie is ʼn lekker leesboek vir tieners, veral dogters en ook enige iemand wat lekker wil lag en sommer ʼn bietjie wil ontspan terwyl hulle aan hul eie dating-dae terugdink.

Navrae en bestellings kan geplaas word by: hentiecamacho@gmail.com of tel: 074 846 7146

Prys: R180.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.