Author: Nico Keyser Genre:
Rating

Speur Kaptein Neels Meiring maak deel uit van ʼn selektiewe eenheid in die Speutak by Deelkraal Polisiestasie waar moordtonele, gedurende werksure en ook na ure, op ʼn gereelde basis besoek word.  Op Januarie 1999 word hy na die moordtoneel op ʼn klein hoewe ontbied waar ʼn pa en sy dogter met ʼn byl dood gekap is.

Die trauma en wreedheid van die toneel en na 19 jaar in die diens van die polisie, los emosionele en sielkundige skade. Hy word later genoop om sielkundige hulp in te win, waarna hy medies ontslaan is met ‘Post traumatiese stress sindroom’.

Na ʼn tydperk durf Kaptein Meiring die besigheidswêreld aan, deur ʼn drankwinkel in sy buurt te open. Vir die tydperk van drie jaar word die drankwinkel met militere presisie bestuur, waarna hy en sy vrou – Rina besluit om die drankwinkel te verkoop en die geld te belê in ʼn finansieële skema. Tot hul teleurstelling vind hulle uit dat die belegging, ʼn piramiede skema is en hulle verloor alles in die proses.  Weereens het hy nie gaan lê nie en aanvaar diens by ʼn Prokureursfirma maar na ʼn tydperk raak sy pos oorbodig waarna hy by sy vrou se kafeteria gaan werk om die pot aan die kook te hou. Op die stadium kruis sy paaie met ʼn ENE – Genè Jones, wat hom ʼn pos as ‘Operassionele Bestuurder’ by ʼn Elektriese Kontrakteurs maatskappy aanbied, wat hy inderdaad aanvaar.

Met sy aankoms by Electron Electric, vind hy uit dat die eienaar – nie ʼn moordkuil van sy hart maak nie en dat hy nie sal skroom om sy vrou – Marjorie te beswadder nie. Neels word betrek by die verbrokkelende huwelik waarna hy ook kennis maak met sy ‘BAAS’ se PSIGOPATIESE obsessie met SEKS,  KAPITALISME EN RASSISME.

 

Prys: R220.00

order-now-button

Comments are closed.