Author: Pieter J M Gouws Genre:
Rating

Die !Gais van die Nama, ons nuutste publikasie is ʼn roman enig in sy soort. Die boek is die produk van skrywer Pieter J. M. Gouws se sewe jare navorsing.
Die verhaal speel af teen die agtergrond van die Franse Hugenote se koms aan die Kaap en Simon van der Stel se koper-ekspedisie na Namakwaland in 1686.
Om die vervolging van Protestante te ontsnap, vlug Frans du Toit en sy broer uit Frankryk na Holland waar Frans deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie as kartograaf aangestel word. As verloopte Franse word hulle in Holland met nyd en agterdog behandel.
Frans se groot begeerte is vrede en genade en daarom gebruik hy die geleenheid om na die Kaap de Goeie Hoop te verkas.
Kommandeur Simon van der Stel taak Frans om die koper-ekspedisie na Namakwaland te vergesel en om ʼn roete na die kus te verken.
Tydens die trek leer hy die haatdraende Ben Goossen ken wat Frans as ʼn bedreiging vir sy eie doelwitte reken. Ben moet van Frans ontslae raak anders kry hy nooit grond – of ʼn vrou – nie.
In die dorre, maar skouspelagtige Namakwaland word Frans deur noodlot aan die Namas uitgelewer.
Hierdie laat-Steentydperk oervolk, wie die grootste van die sogenaamde Khoi-groepe is, leef van die veld en aanbid die maangod, Tsui’goab. Frans vind hul leefstyl vuil en barbaars. Tog is hy aangewese op die genesing en ondersteuning van die Namas.
Frans se dryfveer is om veilig terug te keer Kaap toe om in vrede sy grond te bewerk, te trou en ʼn gesin te hê – maar hoe kan hy as hy vasgevang is in ʼn geloofstryd en die primitiewe leefstyl van die barbare?

Prys: R275.00

order-now-button

Comments are closed.