Author: Eleanor Lombard Genre:
Rating

Die land is in chaos gedompel. Wat doen jy as alles om jou in duie stort? Geen elektrisiteit, geen water in die krane, geen telefone, radio- of  TV-uitsendings nie. Toilette wat nie meer werk nie. Geen brandstofverkope nie. Winkels sonder kos.

Dis hierdie krisis wat Hendrik en sy vrou, Drienie, moet hanteer. Ná ‘n koranale massa-uitbarsting op die son, is die aarde deur ʼn elektromagnetiese uitstraling getref wat ʼn algehele kragonderbreking en vernietiging van satellietverbindings veroorsaak. Daar is geen nooddienste meer nie en wetteloosheid en plundery het oorgeneem.

Uit nood wyk Hendrik en Drienie uit na hulle plasie in die Karoo. Hulle het geen keuse nie as om Drienie se ma saam te neem. Hendrik se dogter, Stella, en haar man, Kobus, met hulle vierjarige seuntjie sluit by hulle aan.  Ook die selfgesentreerde Myra, Hendrik se eks, en haar introvert-man, Etienne,  met hulle rebelse seun, Shaun, vlug plaas toe.

Maar op die plaas is hulle nie net in ’n  oorlewingskrisis nie. Onderlinge spanning bou op en konflik neem toe. Gaan Myra dit regkry om Hendrik af te rokkel? Hoe gaan die konflikwerende  Drienie daarop reageer? Kan Stella en Kobus hulle huwelik red? Gaan Etienne breekpunt bereik? Hoe gaan die daggarokende tiener, Shaun, aanpas? Hulle is aan mekaar uitgelewer, met noodlottige gevolge.

Die groepie moet verskeie noodsituasies  –  selfs die  –  dood hanteer. Hulle stryd om oorlewing neem krisisafmetings aan en hulle het geen kontak met die buitewêreld nie. Konflik ruk handuit. Wat hou die dag van môre vir hulle in?

Navrae en bestellings kan direk gerig word aan: ellombard@oranet.co.za  of tel nommer: 082 361 7296

 

Prys: R230.00

Comments are closed.