Author: Rachelle Breed Genre:
Rating

Uit die newels van die verlede, herrys nimmereindigende legendes oor ’n stam onverskrokke, bloeddorstige seevaarders wat groot dele van die antieke wêreld binnegeval en verower het.

Die Vikings…

Wie was hulle en wat het van hulle geword? Waar is hulle nasate, deur wie se are hierdie hittige bloed steeds vloei? Waar kry jy sulke hardkoppigheid, gebrek aan finesse, dikwels misplaasde lojaliteit teenoor pêlle, slegte tafelmaniere, ontvlambare humeure en bedrewenheid met alle soorte wapens – selfs strandsambrele?

Is dit moontlik dat hierdie Noorse manne vandag nog net so nors is? Veral as hulle wil gaan visvang en die weer is sleg. Het jy familielede wat stry en baklei vir sports? Ken jy ’n Koos of ’n Hugo? Vloek jy die beste in Afrikaans? Ontmoet jou stam…

Bestellings en navrae kan gerig word aan breed.rachelle@gmail.com of tel nommer 083 288 9429

Prys: R260.00

 

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.