Author: Herman Otto Genre:
Rating

Dienkie is ʼn slim seun wat ʼn “breintapper” ontwerp terwyl hy met rekanaarprogramme eksperimenteer. ʼn Breintapper is ʼn rekenaartoestel waarmee hy mense se gedagtes kan lees. Dink net wat alles kan gebeur as Dienkie weet wat die mense rondom hom dink, tot selfs die geskiedenisonderwyser wanneer sy ʼn toets opstel.

In “Dienkie en die bankroof” bevind Dienkie hom saam met sy ma in die bank wanneer daar ʼn roof plaasvind. Saam met die Polisie raak hy in ʼn wilde jaagtog betrokke op die spoor van die rowers. Sal Dienkie se breintapper kan help om die booswigte se bewegings na te spoor en hulle vas te trek?

“Dienkie en die hofsaak” vertel die verhaal van die hofsaak wat volg op die bankroof. Tydens die hofsaak blyk dit dat die rowers nie onafhanklik opgetree het nie, maar dat daar ʼn meesterbrein agter al die rooftogte sit. Wie is die geheimsinnige meesterbrein? Hoe kan sy betrokkenheid bewys word?

In die laaste verhaal (Dienkie by die hospitaal) sien Dienkie en sy ouers hoe iemand deur ʼn giftige slang gepik word. Hy beland in die hospitaal en die mediese personeel besluit om die lewensondersteunende masjiene af te skakel. Maar is die pasiënt regtig breindood of kan hy gered word? Hoe oortuig ʼn jong seun die dokter wat die ware toedrag van sy pasiënt se gesondheid is?

Bestellings en navrae kan gerig word aan  pieterjanob@gmail.com of tel nommer: 082 332 5782.

Prys: R120.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.