Author: Elzili Ross Genre:
Rating

Hierdie is die ware verhaal van ʼn normale tuisbly-ma en vrou. Dit vertel van die uitdagings wat op haar gewag het en waarvan sy nie eens kon van droom of gedink het met haar sou gebeur het nie, ook van die lesse wat sy daaruit geleer het. Hier volg haar storie.

Die emotionele pad van om weer ʼn nuwe mamma te wees was as sulks ʼn groot gebeurtenis maar wat gevolg het, het my laat wonder of dit my siening oor die lewe sou verander. Of sal so iets my as mens verander en sal dit my as persoon sterker maak? Die vrae wat by my opgekom het of ek alles sou kon verwerk wat op my pad het by my gespook.

Die hele doel met hierdie gebeurtenis is om meer vrouens daar buite te herinner of te inspireer om na jouself as ma, vrou en persoon om te sien en te weet jy is belangrik, al sit jy jouself heelagter in die ry.

Wat met my gebeur het gebruik ek as voorbeeld om ander vrouens en mammas wat dalk ook moedeloos is en wat voel hulle beteken niks vir iemand nie te sê jy tel wel. Ons almal het baie afdae en om ʼn mamma, vrou en jy te wees, is nie altyd die maklikste taak nie, maar dat daar wel meer positiewe dae is wat jy wel meer doen vir iemand as wat jy dink jy doen.

Van Mamma na mastektomie in een maand…

Navrae en bestellings kan gerig word aan elziliw@yahoo.com of tel 073 1518053

Prys: R210.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.