Author: Susan Myburgh Genre:
Rating

Wanneer jy op die ouderdom van vier-en-veertig jaar jou lewensmaat verloor, voel dit of die lewe jou voortydig konfronteer met finaliteit van jou eie menswees.

Die manuskrip gaan oor die pad wat geloop word nadat ʼn huweliksmaat oorlede is. Die alleenwees in jou eie menswees, in besluite en in alledaagse gebeure. Dit bevat kort stukke wat begin het as ʼn dagboek van ʼn weduwee. Omdat my korttermygeheue baie swak was van die trauma, het ek geskryf om die onthou vir myself makliker te maak. Dit gaan oor die besef hoe God jou reeds met tyd voorberei het om sterk genoeg te wees vir wat in die toekoms wag. Dit gaan oor hoe ek stelselmatig aan engele van God bekendgestel is en vooraf geleer is om sensitief vir die Anderkant van hierdie lewe te wees. Stukke word afgesluit met ʼn persoonlike gesprek met God oor wat uit die dag geleer is.

My doel met hierdie manuskrip is sodat ander in soortgelyke situasie kan verstaan wat hulle ervaar, normaal in abnormale omstandighede is. Besef daar was al mense voor hulle op hierdie weg en daar sal na hulle nog wees. Jy kan nie wag vir die lewe nie, lewe gebeur en jy moet jou deel daarin volbring. Ook wil ek hiermee aan mense ʼn kykie gee oor hoe iemand na die trauma van ʼn afsterwe gehanteer kan word en wat omstanders liefs moet vermy.

Navrae en bestellings kan geplaas word by susanmyburgh@mweb.co.za of tel nommer: 082 8294964

 

Prys: R180.00

Comments are closed.