Author: Rika Botha Genre:
Rating

Op 39 jarige ouderdom word Ben met kanker gediagnoseer. Hy vra vir Sias en Rika om hom te belowe dat hulle sy kind, Bart sal vat en grootmaak. Soos die jare aanstap ontmoet Bart vir Marietjie met haar twee seuntjies, Jason en Jaques, wie hy soos sy eie aanvaar.

ʼn Jaar en agt maande later moet Bart ʼn grasdag in die Kalahari gaan bou en ʼn swanger Marietjie, tesame met Jacques gaan saam. Op pad daarheen is hulle in ʼn ongeluk betrokke wat veroorsaak is deur ʼn besope Van Wyk, wie die ongeluk rapporteer, eers na hy al die drank uitgekots het.

Tydens die hofsaak pleit Van Wyk skuldig en word ʼn vonnis van drie jaar tronkstraf opgelê, opgeskort vir vyf jaar met drie duisend rand boete. Dit betaal hy met ʼn glimlag en buite die hof lag hy hom vrek omdat hy so lig daarvan afgekom het. Wat hy uit die oog verloor het, is dat God se meule in sy geval vinniger sal maal as wat hy ooit sou kon dink.

Onskuldig aan die ongeluk is daar reeds ʼn lewens-lange vonnis oor Bart uitgespreek. Hy moet tevrede wees met ʼn liggaam waarmee hy nie sy drome sou kon uitleef nie.

Drie jaar en vier dae later betaal die derde party eers die geld uit. Bart se naam is op die swartlys. Die familie is finansieël geruïneer. Die MEDIESE ONDERNEMING beteken niks.

Die helikopter vervoer Bart na die hospitaal en Rika weet nie of hy hierdie keer die hel waarin hy vasgevang is… gaan oorleef nie.

Poplap, Bart se dogter kom veertien jaar later terug huis toe. Agtien jaar later hang Hond, die opgestopte speelding nog steeds oor die trap. Net soos hulle wag Hond ook vir Jacques om eendag… huis toe te kom.

Die voorloper van die verhaal, getiteld: ‘Verborge’ het in 2019 die lig gesien en daarin vertel Rika van die ‘Coetzee kinders’ se liefdelose kinderjare se lief en leed.

Alle navrae en bestellings moet gerig word aan: sias.botha@gmail.com of tel nommer 082 806 9428.

Prys: R220.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.