Author: Joey Jansen Genre:
Rating

Roux Basson word op sy knieë gedwing na ʼn knellende droogte en kom te staande voor twee opsies: bly aan op die familieplaas as bywoner of trek terug stad toe?

Die ommeswaai in status, laat sy trotse dogter Adele, introspeksie doen oor die belangrikheid van geld, veral na haar ouer broer Chrisjan, die befaamde prokureur van die dorp, duidelik wys dat sy halfblinde en dowwe broer Pierre vir hom ʼn verleentheid is.

Sy gesindheid vuur Adele se warm humeur en voortvarendheid aan, waar sy vasgevang is tussen valse trots en om aalmoese te aanvaar.

ʼn Oornagse sukses besorg aan haar roem maar weer slaan die noodlot toe en sy moet kies tussen die belofde aan haar pa of haar aangetrokkenheid tot die nuwe dokter, Eduan van Biljon?

Prys: R139.90

order-now-button

Comments are closed.