Author: Nieske van den Bosch Genre:
Rating

In ons moderne lewe is daar nouliks nog tyd vir ʼn gesonde geballanseerde leefstyl. Tussen werk, gesins-en sosiale lewe bly daar min tyd oor vir gesond kook en bak. Maaltye moet vinnig gereed gemaak word. En dikwels eet ons dan vinnig net ʼn broodjie of maak ʼn pastagereg.

Baie mense word gediagnoseer met siektetoestande waarvan ons vroeëre jare nooit van gehoor het nie. Om die siektes op ʼn natuurlike manier te probeer genees, word dikwels aanbeveel om gluten en kasiën uit die dieët te skakel.

Maar dit is nie so eenvoudig as wat dit klink nie. Ons as gesin, is ook daardeur. Jy moet jou hele leefstyl verander omdat ons hoofvoedsel meestal gluten en kasiën bevat. Om die oorgang na ʼn meer gesonde, gluten- en suiwelvrye leefstyl makliker te maak, het ek die resepteboek saamgestel.

Met ‘Gluten- en suiwelvrye is maklik en heerlik’ het ek probeer om vir mense die oorgang na ʼn gesonder leefstyl eenvoudiger te maak. En jy kan nog steeds gesellighede geniet en heerlik saam eet!

Wens jou ʼn gesonder lewe!

Vir bestellings en navrae kontak asb Nieske by: nieskevdb80@gmail.com

Prys: R150.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.