Author: Adellé von Rönge Kotzé Genre:
Rating

Veldbioloog Magriet Visagie bevind haarself skielik teen haar sin, in ʼn yskoue Rusland waar sy en die res van die Big Foot Seekers gaan probeer om ʼn Yeti te vang en dit alles in die welbekende en uiters gevaarlike Dayatlovpas.

In die proses om die skaam maar tog ook tartende Yeti te fnuik, moet hulle ook die verhaal dokumenteer van ʼn sorgelose groep studente wat soveel jare op dieselfde roete was en uiteindelik op die Berg van die Dood met hule lewens moes boet. Wie of wat verantwoordelik was vir die tragedie weet niemand nie.

In die onherbergsame wildernis van Siberië herhaal die hartseer en wrede geskiedenis homself amper weer. Terwyl sy en haar span deur die wit wildernis ploeg met kameras wat elke minuut vasvang, sit hulle opgesaal met ʼn diva van ʼn filmster wat die lewe vir die span verder bemoeilik.

Magriet wat sterk gekant is teen die liefde na haar arme hart se tragiese versplintering uit ʼn mislukte verhouding, gaan staan en verloor die simpel ding op die diva se verloofde!

Om alles te kroon beland sy in ʼn taai situasie met ʼn seldsame diamant in haar besit en om sake te belemmer word sy ontvoer om kos te word vir ʼn klomp honger wolwe.

Sal Magriet en haar vriende lewend hieruit kom? Sal die KGB haar betyds kan red? Net tyd sal leer…

Navrae en bestellings kan gerig word aan: adelevrk@gmail.com of tel nommer 072 976 4719.

Prys: R280.00

Comments are closed.