Author: Chares J. Kotzé Genre:
Rating

ʼn Geheimsinnige telefoonoproep lok Tom Fouché laat een middag weg van die huis en in sy afwesigheid, word sy swanger vrou, Stella, aangeval. Van skok gaan sy in kraam en die bywonersvrou, Lynette Craucamp staan Stella by met die geboorte van haar babadogtertjie, Christelle. Die volgende oggend sterf Stella weens beserings wat sy in die aanval opgedoen het. Tom rig ʼn versoek aan die familie en almal teenwoordig dat die werklike omstandighede van die geboorte nooit aan Christelle bekend gemaak mag word nie. Die polisie volg elke moontlike leidraad, maar die skuldige(s) word nooit geïdentifiseer nie en die saak bly onopgelos.

Na vier en twintig jaar kom Christelle te hore van die gebeure van die dag met haar geboorte en sy neem haar voor om die skuldiges aan die pen te laat ry.  Gaan sy slaag met haar voorgenome speurwerk?

Bestellings en navrae kan gerig word aan: kotzecharles@gmail.com of 083 388 5592

Prys: R280.00

order-now-button

Comments are closed.