Author: Christian E Horn Genre:
Rating

Susan Radloff, Maatskaplike Werker, Hermanus

Wat ’n heerlike ontdekking in my oud-buurman en vriend. Ek verlustig my in sy woordskilderye. Die land Wes van N7 is so treffend; die beskrywing van daardie land in blomtyd: “en so is jou naaktheid bedek,/jou ruheid versag/met loof en blommeprag.” Dit is mos presies hoe dit is. Aardbewoner tref diep; die eerste paar reëls beskryf ’n geboorte so treffend. Ander reels wat ek as Bolander raaklees in Met woorde geskilder is “Met woorde besweer ek/die warmte vermiljoen/wingerde herfsbevange/sag oor bulte geskulp”, soos ek die Hexriviervallei in die herfs beleef. Chris is werklik ’n geval van stille waters diepe grond, onder draai vele talente rond.

Dr Reda Davin, Opvoedkundige, Pretoria

Dit is selde dat ’n mens die voorreg kry om in ’n mede-mens se siel in te kyk na dit wat vir die persoon werklik saak maak. Laagwerk is so ’n geleentheid. ’n Mens staan ten eerste verstom oor hoe besonder begaaf en talentvol Chris is. Die gedigte wat strek oor ’n tydperk van 23 jaar verwoord verskeie indrukke en gebeurtenisse in Chris se lewe. Wat in almal navore kom, is sy fyn gebruik van die taal en sy diep belewenis van gebeure. Sy gedigte is tematies, meestal ernstig en handel veral oor verlies, verlange en moontlike liefde. Sy sin vir humor kom duidelik na vore in SMS, ’n gedig in ligte luim geskryf. Valediction is vir my ’n opsomming van die hele bundel:

“Remember me/when cool clouds waft up from dizzying

crags/blushed by the light of the setting sun.”

Die gedig versinnebeeld Chris se liefde vir die natuur en besef van die mensse sterflikheid.

Alle navrae en bestellings kan gerig word aan horn.lettie@gmail.com of chriseh@mweb.co.za en tel nommer:072142285

Prys: R160.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.