Author: Wessel JW Naudé Genre:
Rating

Die skryf van sy debuutboek “Van Mervin… tot Meester” geniet hy só dat “Liefde vir Lochner” sommer gou op sy hakke volg. Afgesien van sy werksloopbaan as ingenieur en besigheidskonsultant het hy nog altyd ʼn lewendige belangstelling in die skryf van fiksieverhale gehad. Van jongdae af skryf hy verbeeldingryke storietjies, iets wat hy in homself ontdek, wat hy besluit om wel eendag uit te leef. Eers nou kry hy die voorreg om sy fiksieverhale te laat publiseer en sy talent met lesers te deel.

 

Wessel JW Naudé bied ʼn Genre wat die verbeelding aangryp, maar wat ook lewenslesse bied vir hul wat dit ter harte sou wou neem. Sy karakters is vol opwinding en eiesoortigheid, en kom een na die ander op sy en haar unieke wyse te voorskyn. Kom wees deel van verbeeldingsvlugte wat mos geen perke hoef te hê nie, maar kom en ontgin ook dieper betekenisse van die lewe. Van die alledaagse is daar min te lees hier en van die karakters mag dalk net diep in harte kom inkruip, of iets interessant staan en aandra al is hulle dalk nie altyd so gewild nie.

 

Verseker is skryf, Wessel JW Naudé se passie wat hy deur Divine Spirit se genade nog lank wil uitleef!

 

Bestellings en navrae kan gerig word aan: wessel@ascepi.co.za of tel nommer: 082 800 5934

                        

Prys: R180.00

Comments are closed.