Author: Agatha van der Merwe Genre:
Rating

Lokval by Gwenaël-wynlandgoed is ʼn fiksie spannings-liefdesverhaal.
Hermien van Deventer wil met alle mag en geweld uit die gejaagde stadslewe vlug na die kalmer lewensritme wat die plaaslewe bied. Daarom doen sy aansoek by Gwenaël-wynlandgoed om hul nuwe gastehuis te bestuur.
Tot haar ergernis vind sy uit dat die eienaar van Gwenaël-wynlandgoed, Thinus Henderson, ʼn baie eng lewensuitkyk het én dat hy baie streng is. Hy verwag van haar om onvoorwaardelik by sy huisreëls in te val – veral wat haar privaat en persoonlike doen en late betref. Thinus het egter geen idee dat sy in werklikheid op vlug is nie en eintlik net sy plaas as ʼn toevlugsoord en skuilplek gebruik.
Intussen het hy sy eie onopgeloste sake uit die verlede, wat daartoe lei dat hy obsessief optree – wat dit selfs nog moeiliker vir Hermien maak om by haar nuwe omgewing aan te pas. Nietemin raak sy stelselmatig Thinus se streng, voorskriftelike persoonlikheid gewoond en kort voor lank is dit juis sy streng reëls wat haar gerus en veilig laat voel – totdat sy uitvind van sy wrede verlede.
Vandat Hermien van Thinus se verlede uitgevind het, is sy onseker oor watter rigting sy moet inslaan: Terugkeer stad toe – waar die persoon van wie sy gevlug het, haar weer kan opspoor? Of hier aanbly – waar daar nou skielik ʼn moontlikheid bestaan dat sy glad nie so veilig hiér is, as wat sy aanvanklik gedink het nie? Voordat sy nog self kon besluit wat haar te doen staan, trap sy binne-in die lokval wat vir haar gestel is!

Alle plekname, persoonsname en gebeurtenisse in hierdie verhaal is fiktief.
Navrae en bestellings kan gerig word aan: renevdm123@gmail.com of tel no: 082 679 7450

Prys: R200.00

Comments are closed.