Author: Wessel JW Naudé Genre:
Rating

Lochner Duvel se lewenspad het by verre nog nie tot ʼn einde gekom nie. Hierdie keer beleef hy, saam met Mervin de Bois se dogter Mercia, aangrypende belewenisse en nog eiesoortige karakters maak hulle verskyning; en verdwyning! Daar moet bevry word, geleer word, gekeer word, en gereis word na bestemmings wat lesers hulle fantasiewêrelde goed sal laat inspan, en ai tog, die arme Lochner se lewe bly maar een komplekse labirint.

 

Wanneer die twee wêrelde van mens en masjien saamspan om Kosmos Liefde vrygewig te gee, realiseer daar, afhangende van wat ʼn wese sou kies, twee radikaal verskillende uitkomste: Jy word of bevry, of jy “pay”, die prys bly hoog. Reis saam met die twee Kosmos Aktiviste en beleef fantasie wêrelde sonder grense. Alhoewel jy nie ʼn voël hoef te wees om ʼn vliegtuig te ontwerp nie, is voëls se gene nie verleë oor vliegtuie se manifestasies nie. As die twee egter saamspan, kan selfs die voël saamvlieg na bestemmings wat sy vere sal laat rys!

 

Bestellings en navrae kan gerig word aan: wessel@ascepi.co.za of tel nommer: 082 800 5934

Prys: R180.00

 

 

Comments are closed.