Author: Hennie Jones Genre:
Rating

Gariep-dam. Huis op die heuwel bokant die vaal water. Clasie en Hennie sit op die vér-uitsig-stoep. Die wegsinkson druk oor die water agter die damwal-berge.

Oviston. Dorpie met skakerings van groen en grys. Sipresse. Denne. Johannesbrood. Plataan. Soetdorings met geel poeierblomme. Olienhout. Krom swarthaak-struike wat aanleun teen gebroke graskoppies.

Grys-wit branders aan die Vrystaat-kant skuim riffels teen die rotse; wolkskaduwees en wasige vertes Bethulie se kant toe. Noord.

Almal wou altyd noorde toe neuk. Wie het dit gesê? Oupa Basie?

“Die akkerbome begin te vroeg geel word.”

Hy antwoord nie.

Aandskemer huiwer soos ʼn bejaarde oor die aarde. Voëls vlieg in die laat lig iewers heen. Neste? Swerwers …

Hy: ses- en-sewentig. Sy: vier-en-sewentig. Oud-onderwysers. Iewers afgetree.

Eindelose nostalgie.

“Die kinders dring aan op ons familiegeskiedenis,” sê hy. “Dink seker ek kan …”

Sy sê niks nie.

“Waar begin ʼn mens? By iemand se dood? By iemand se geboorte? Wat los jy? Wat dink jy by? Wat lieg jy by? Wat is die waarheid?”

“Skryf dit op. Maak tyd. As jy oor het … Vandag het ons nog genade …”

“Waar begin ʼn mens só ʼn stuk worsteling?”

“Seker maar by jou self. Óns dalk. Oupa Basie miskien – een oupa wat ʼn vorige oupa se verhaal probeer vertel. Of Rooiplaat. Dis mos waarvandaan julle begin terugtrek het. Repos ailleurs. Dis ʼn soort beginpunt. Ek maak koffie.”

“Ja. Dankie.”

Sal maar moet voortneuk. Elke onthouplekkie. Elke stukkie miswolk in die tyd. Miskien bly iets behoue? Wat … Gras wat in die oond… Te gou. Te verskrik-lik gou.

       “Hulle wat die verste deur die diksand gesukkel het, is waarskynlik, net waarskynlik die naaste aan die syferwater van die gorra”: – Oupa Basie se laaste hoorbare woorde?

Vir bestellings en navrae kontak die volgende:  henniejones98@gmail.com of tel;

082 563 9928.

Prys: R340.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.