Author: Dirk G Engelbrecht Genre:
Rating

Hierdie kortverhale is nie net geskryf vir sogenaamde “petrolkoppe” nie, maar almal wat hou van kort humoristiese stories. As gevolg van my belangstelling in motors woon ek natuurlik jaarliks ʼn klomp motorsaamtrekke by, en daar hoor ʼn mens baie motorverwante verhale. Ek het byvoorbeeld groot geword met ʼn Borgward Isabella wat my pa vir jare besit het.

Die nostalgie om die fabrikaat is dat dit die heel laaste “een- eienaar” motoraanleg in die wêreld was maar in 1961 gelikwideer is, en soos die Duitsers beweer, het die ander groot motorvervaardigers negatiewe stories oor die finansiële stand van die fabriek versprei en dit was die oorsaak van die Borgwardgroep se ondergang.

Die motors was baie populêr in Suid Afrika en by saamtrekke is daar altyd stories oor “my pa, of oupa het net so ʼn motor gehad, hy was so goed dat ons sommer met hom gaan jag het en as dit reën, is die noodwiel uitgehaal en is daar in die bak gebraai!” Natuurlik is daar ook stories oor BMW, Mercedes, Ford, Valiant ens.

Navrae en bestellings kan gerig word aan dirk@britspta.co.za of tel 082 5540191

Prys: R210.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.