Author: Jaco JJ Engelbrecht Genre:
Rating

Jaco Jeffrey Johannes Engelbrecht het grootgeword in ʼn klein vissersgemeenskap in Paternoster aan die Kaap se weskus. Sy begeerte is om die ervaringe uit sy verlede met mense te deel, veral met jonger mense wat moontlik iets daaruit kan leer. Dit is ook sy teikengroep.

Die ervarings wat hy deel, is baie geestelik nadat daar met sy studie en verstaan van die Christen geloof, daar ʼn groot ommekeer in sy lewe gekom het. Hy deel sy siening met die hoop dat dit die jongmense positief sal inspireer om self sy/haar keuse te maak oor geloof.

Hy wil sy werk as ambassadeur vir sy geloof voortsit omdat dit deel van sy “eed” as navolger van Jesus Christus is. Daar word in ʼn minder mate na sekere statistieke verwys uit verskillende bronne, om sekere gedagtes oor te dra.

Na sy droom gerealiseer het om sy boek gepubliseer te kry, is sy begeerte om 50% van alle opbrengste van die verkope in die ontwikkeling van jongmense te infesteer, en veral om die Christelike beginsels as die fondasie te gebruik.

 

Bestelling en navrae kan gerig word aan: 45193339@mylife.unisa.ac.za of tel nommer: 082 693 6333

Prys: R140.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.