Author: Yolande Britnell-Steyn Genre:
Rating

Uiteindelik is die bundel hier waarvoor die lesers gewag het. In die bundel leer

jy gewone mense ken en kuier jy vir ʼn rukkie om hulle kombuistafel. Yolande

maak kort-kort ʼn draai in die Karoo en so maak lesers kennis met Tannie

Lelie, die kerk se orrelis. Yolande skryf oor haar grootste voorreg, ma-wees en

haar uitdagings as ʼn enkelma. Sy spreek seer en teerpunte aan en balsem ou

wonde as sy Hoop uitgrawe en in lesers se hartkamers plant. Sy deel haar soet

en haar suur. Sy skryf kaalvuis en reguit. Die bundel los jou met net genoeg

om weer te wil lees. Terwyl jy die ketel aansit vir nog ʼn koppie tee, vang jy jou

gedagtes kort-kort speel tussen haar woorde, haar stories en die nuwe mense

wat jy tussen die blaaie leer ken het.

Bestellings en navrae kan gestuur word aan yolande@tiemedia.co.za of tel nommer: 082 326 4577

Prys: R180.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.