Author: Elsona Steyn Genre:
Rating

Die verhale in hierdie boekie vervat, is gegrond op gebeure en insidente wat
ek self beleef en ervaar het. Die karakters in my stories het werklik my
lewenspad gekruis, hulle is waar en eg. Alledaagse gebeure en insidente het my aangespoor om daaroor te skryf, ‘n sê-ding hier of ‘n snaakse optrede daar, het op die ou end in ‘n storie geëindig.

In my stories/vertellings laat ek die leser so ‘n ietsie beleef van mens-wees in die algemeen. Ek laat jul deel in dinge wat ons almal daagliks ervaar, die lief en leed waarmee jy beslis kan assosieer. Alhoewel die meeste van die stories vervat in hierdie bundel, humoristies van aard is, weet ons egter dat die lewe ook sy kwota hartseer inhou en deel ek dus ook hierdie ervarings met julle.

Liewe leser, ek vertrou dat jy jouself in sommige van my verhaaltjies gaan herken en dat ek êrens ‘n hart gaan aanraak.

Prys: R180.00

order-now-button

Comments are closed.