Author: Joey Jansen Genre:
Rating

Christine Louw verbreek haar verlowing en as erfgenaam van die Marais skatte,  dreig Charl dat hy met haar sal afreken indien sy uitstap.

Sy poging om van haar ontslae te raak, faal en sy land in die hospitaal na ‘n ernstige motorongeluk waar sy tydens haar herstel periode, reageer op ‘n advertensie van ‘n vreemdeling wat vrou soek.

Impulsief aanvaar sy die huweliksaanbod en getroud met die aantreklike vreemdeling by wie sy dadelik tuis voel, beland sy op Soetendalsvlei, die erfplaas van Olaff Reinhardt.

‘n Reeks veediefstalle wat die kontrei al vir  ‘n geruime tyd lank teister, dwing Olaff om die brein daar agter te probeer vastrek en noodgedwonge word al sy tyd inbeslag geneem wat Christine aan haar eie lot oorlaat.

Sy ontmoet die aantreklike Jani, Olaff se jeugvriendin, wie self ‘n oog op hom het en alles in haar vermoë doen om die huwelik te laat skipbreuk lei en met die groen duiwel op haar skouer, besluit sy om self agter die diewe aan te gaan.  Sy span kragte saam met Ian, die bure se peetseun en ‘n dapper maar moedige Jimmy wie se besonderse talent, spoorsny is.

Bewus van haar liefde vir die aantreklike man met wie sy getroud is, kom sy te staan voor ‘n nuwe probleem:  haar huwelik is ‘n klug want sy kontrak geteken met die ooreenkoms dat hulle net vir ‘n jaar getroud sal bly.

Marta, Olaff se tweede ma, probeer haar op die gevare wys maar sy wil nie kopgee nie tot Olaff sy eie afleiding maak van die skelm ontmoetings agter die skuur.

Warm op die diewe se spoor, arriveer Charl en die pope begin dans.

Prys: R99.90

order-now-button

Comments are closed.