Author: Estelle Diederiks Genre:
Rating

Wat maak ʼn mens as jy soos Job, alles in die lewe verloor het? Hoe hanteer jy jouself en ander? Hoe beantwoord jy al die vrae en staan jy weer op uit die stof? Dis die verhaal van Elsabe Fourie, wie se lewe deur een gebeurtenis totaal en al omgekeer word. Een gebeurtenis wat haar stroop van alles – selfs haar geloof in God.

Elsabe se genesing begin by haar ouma se Bybeltjie en goueraam spieël. Die spieël word haar mentor en rigtingaanwyser in haar deurmekaar lewe. Eers na sy haarself en haar probleme kan hanteer, het die proses van erkenning, aanvaarding en genesing begin.

Vir Elsabe was dit makliker om weg te kyk maar ʼn spieëlbeeld lieg nie. Dit ontbloot die uiterlike en vlek die innerlike oop tot in die diepste sfere. Tydens spieëltyd kom Elsabe voor die werklikheid te staan en dit laat haar nie net dieper na haarself kyk nie, maar ook na God. Sy ontdek ook dat die Bybel, haar spieël tot die lewe is. Dat sondaars vergifnis ontvang, dat elkeen ʼn lewensdoel het en dat God steeds daar is en altyd daar sal wees. Dat die lewe, ten spyte van al die aanslae en teënspoed, steeds kosbaar is.

Sy beleef ʼn groeityd om elke dag te verander en gevorm te word soos God haar wil hê. Spieëltyd laat jou met ander oë na die lewe kyk.

En dan is daar natuurlik Dawie. Dawie wat vanaf die eerste dag in Elsabe se hart  gekruip het. Maar Elzaan verskyn op die toneel en dit is eers na ʼn krisis dat Dawie en Elsabe hul liefde vir mekaar vind.

Bestellings en navrae kan gerig word aan: estelle@limpopo.za.net of tel nr.078 357 3124.

 

Prys: R220.00

order-now-button

Comments are closed.