Author: Wessel JW Naudé Genre:
Rating

Wessel JW Naudé is ʼn Gekwalifiseerde Chemiese Ingenieur met ʼn Meestersgraad in Besigheidsbestuur. Alhoewel hy sy lewe lank as Ingenieur, Ingenieursbestuur Konsultant en Besigheidsbestuur Konsultant gepraktiseer het, het hy nog altyd ʼn lewendige belangstelling in die skryf van fiksie verhale gehad. Van skooltyd af skryf hy kort stories en onthou nog die verhaal van Piet die Kakkerlak, wat hy steeds nog bêre, maar nooit het hy iets laat publiseer nie. Sy eerste manuskrip, ʼn fiksie verhaal getiteld: “Van Mervin tot Meester” sal sy debuut boek wees. Sy tweede Manuskrip, ʼn fiksie verhaal getiteld: “Liefde vir Lochner” is die opvolg verhaal op “Van Mervin… tot Meester”. Dit sal vir hom ʼn groot eer wees om eendag ʼn skrywer genoem te word.

Besonderhede en navrae kan gerig word aan: wessel@ascepi.co.za of tel 082 800 5934.

Prys: R210.00

 

Comments are closed.