Author: Rika Botha Genre:
Rating

Pa Jannie word met ʼn lekhart gebore en op 10 Junie 1955, in die ouderdom van 38 jaar sterf hy. Hy is finasieël geruineer as gevolg van die mediese kostes en Ma Lettie bly agter met hul vier kinders.

In 1955 het Hoopstad nog nie ʼn lykshuis gehad nie, so die uiteinde was dat Pa Jannie se lyk vir drie dae by Lettie en die kinders in die huis moes lê. Dit was winter en die liefde het vir Ma Lettie, net een keer gekom maar sy moes plan maak om te oorleef en was op die uitkyk vir ʼn man wie kans sou sien vir haar moerse pakket.

Pa Bart, ʼn oujongkêrel met net ʼn spoorweg pensioen trap toe in die lokval. Pa Bart, wie ʼn baie lui man was, het egter baie vinnig agtergekom dat hy die fout van sy lewe gemaak het. Ongelukkig vir hom was hy fluks genoeg om nog ʼn kleintjie te maak. Vier aangelaste lappe en een van sy eie. Nou was daar vyf wat moes eet. Pa Bart was die verweseliking van die woord ‘stiefpa’. Agter die spoor het al die Abbeldammers met hul ‘longdrops’ gebly. Voor die spoor was die rykes met hul spoeltoilette…

Tussen die armes was die familie van die meer gerekendes. Pa Bart het ʼn swart stasiewa, ʼn koei en ʼn leerbelt gehad. Ons was as die ‘Lykswaens’ gebrandmerk.

Ouma se bybelstories het die kinders goed geken, veral die storie van Oom Lazarus, wat weer lewendig geword het. Ouma het ons geleer om te bid en te vra. Die kinders het gebid maar die telefoondraad was stukkend. Ons het toe maar die bloekomboom tot bo geklim en Jesus van daar af gaan roep. Jesus moes die pa’s kom omruil. Daardie dag was daar ook geen verhoor nie, net ʼn vonnis.

Oom Lazarus se adres was nêrens te vinde nie. Die blinde sambok en die woorde, vat … of steel die slang, die moer en die kalbas-pampoentjies het die kinders nie mooi verstaan nie.

Bestellings en navrae kan gerig word aan: rika.botha.za@gmail.com of tel: 082 806 9428

Prys: R320.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.