Author: Dinise Graaff Genre:
Rating

Haar rolmodel was eintlik die poskantoor-tannie. Sy het tot vervelens toe deur haar kamer se diefwering briewe getjap en “next” geskree nes die tannie.

Die lewe aan die Oos-Rand was ʼn platerak vol liedere, al was baie daarvan net ʼn eentonige gedruis, soos ʼn uitgerekte basnoot op ʼn pyporrel.

Saterdae was Springs en sy troostelose mynhope vir ʼn uur en ʼn half vergete. Teen een sjieling en twee pennies is daar by die fliek ingeboek en dan was dit net Elvis. Elvis met die stem. Elvis met die galante administrasies, Elvis met die kuif en Elvis met die rustelose rubberlyf.

Springs was weliswaar nie die ideale plek om ʼn loopbaan in die uitvoerende kunste af te skop nie. Liza Minelli sing mos van New York: “If I can make it here I can make it anywhe-e-e-re.”

Dis net omdat Liza nog nooit op die Oos-Rand was nie.

Beroepskeuses was beperk tot die onderwys en verpleging. Elvis sou nog ʼn paar jaar moes wag, want Denise was nog nie mondig nie. Nurse Koekermoer beland tot haar eie verbasing in verpleging. Eintlik wou sy onderwys toe. Maar ai, toe is sy tjiekie en kry stry oor ʼn onderrok.

In Verpleegjuweeltjies kyk Denise Graaff terug op haar jare in verpleging.

Deur haar loopbaan het die Here haar lote gesnoei, en haar verpleegmeetsnoere het in lieflike plekke geval.

Bestellings en navrae kan gerig word:

epos: graaffd@worldonline.co.za of tel nommer 082 894 5533

Prys: R180.00

 

Comments are closed.