Author: Dieter Lochner Genre:
Rating

Die konsep van die verhaal handel oor die Engelse spreekwoord wat lui: “Be careful what you wish for.” Hier is twee hoofkarakters, Jaco du Toit en Michael du Rand. Jaco bly op ʼn plattelandse dorp in die Suid-Kaap. Sy lewe is op die oog af idillies, ʼn paar jaar getroud met sy kinderliefde, goeie werk en lekker vriende maar iets kort. Opwinding!

Hy vind dit een dag met ʼn kuiertjie by ʼn vriend van hom op sy plaas. Chantal, ʼn vriendin van sy vriend verskyn op die toneel met probleme van haar eie. Sy is die hele pakket, baie mooi en opwindend, dit gooi sy appelkar om en toevallig op dieselfde dag wen hy die nasionale boerpot. Hy begin dinge vir sy vrou wegsteek. Vinnig word hy vasgevang in ʼn situasie wat hy nie kan beheer nie. Mense soek sy bloed en Michael du Rand is die man wat hom probeer red.

Navrae en bestellings kan geplaas word by: dieter@pcnetmail.co.za of tel nommer 073 274 0009.

Prys: R280.00

Comments are closed.