Author: Gawie Nothnagel Genre:
Rating

Omdat die wetenskap so gereeld met nuwe bevindinge na vore kom, en omdat die kernboodskap van geskrifte soos die Bybel deurgaans  in kontemporêre konteks geplaas moet word, is die diskoers tussen wetenskap en geloof iets wat altyd vars sal bly.

In  Wetenskap en Geloof – die Skeppende Skepping, argumenteer die skrywer dat wetenskap en geloof, of spiritualiteit in die algemeen, sonder konflik saam omarm kan word en dat voordelige sinergie uit die intelligente en ewewigtige samesnoering daarvan kan voortspruit.  Vanuit ʼn ander hoek kan die boek ook gesien word as wetenskaplike inligting vir ʼn intelligente gesprek tussenwetenskap en geloof.

Onderwerpe  soos sterrekunde, kosmologie, kwantumrealiteit, evolusieteorie, intelligente ontwerp, spiritualiteit as neurologiese fenomeen en die ruimte vir wonderwerke word in die konteks van die diskoers bespreek.

Die skrywer wat oor ʼn PhD in die fisika beskik en goed vertroud met die wetenskaplike metode is, verskaf die agtergrond op ʼn vlak wat ook vir nie-spesialiste toeganklik is. Alhoewel dit vanuit ʼn Christen-wetenskaplike perspektief gedoen word, word beide kante van die diskoers belig en behoort lesers met ander oortuigings dit ook leersaam te vind.

Navrae en bestellings kan gerig word aan: gawie.nothnagel@necsa.co.za of tel nr: 082 937 7726.

Prys: R280.00

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Comments are closed.