Dagbreek Uitgewers fokus op talente van nuwe skrywers. Ons publiseer fiksie, niefiksie en digbundels.  Ons aanvaar graag manuskripvoorleggings van nuwe skrywers vir oorweging.

Let wel, met die volgende riglynne in gedagte:

  1. Manuskripte moet op wit A4 – papier getik wees, in dubbelspasiëring in ‘n maklike leesbare lettertipe (12pt Arial is verkieslik) net aan een kant van die bladsy en met kantruimtes wat breed genoeg is om aantekeninge te maak.  Manuskripte moet verkieslik nie gebind wees nie.
  2. Elektroniese voorleggings word aanvaar en kan gestuur word aan dagbreekuitgewers@gmail.com, so ook getikte manuskripte.  Dit kan na  Posbus 13000, Onderstepoort 0110, gepos word.
  3. Met ontvangs van jou manuskrip sal Dagbreek per e-pos ontvangs daarvan erken.
  4. ‘n Wag periode van ten minste drie maande moet toegelaat word om ‘n keuring af te handel en oor publikasie te besluit.  Navrae kan na drie maande gedoen word, indien daar nog geen terugvoering is nie.
  5. Skrywer word vriendelik versoek om indien manuskripte aan ons gestuur is, nie ander uitgewers te nader nie.
  6. ‘n Dekbrief by jou manuskrip moet asseblief ingesluit wees met die volgende inligting:  Kontakbesonderhede, jou teikenmark, ‘n sinopsis en ‘n kort publikasie agtergrond, indien jy reeds gepubliseer het.
  7. ‘n Selfgeadresseerde gefrankeerde koevert moet asseblief ingesluit word om die manuskrip terug te stuur indien die skrywer onsuksesvol is by Dagbreek Uitgewers, so nie word dit vernietig.
  8.  Hoewel Dagbreek Uitgewers alle moontlike voorsorg tref met manuskripte, aanvaar ons geen aanspreeklikheid vir enige moontlike verlies of beskadiging  nie en word dit op eie risiko gedoen.  Dit is dus raadsaam om altyd ‘n afskrif van ‘n manuskrip te stuur, en nie die oorspronklike materiaal nie.
  9. Uitgewers is onder geen verpligting om kommentaar op ‘n manuskrip te lewer of redes vir die afkeuring daarvan te verstrek nie.

Fiksie, Niefiksie en Digbundels

Algemene vereistes

  1. Volledig manuskripte moet voorgelê word.
  2. Eie voorkeur vir voorskrifte vir die lettertipe, lettergrootte en spasiëring.  Manuskripte kan elektronies of per pos gestuur word.  Geen geskrewe manuskripte sal oorweeg word nie.
  3. Die maniskripte moet vergesel word van ‘n kort CV van die skrywer met die nodige kontakbesonderhede.
  4. Manuskripte moet oor die volgende inligting beskik:
    • ‘n Voorwoord waarin die konsep verduidelik word en wie die beoogde teiken mark is.
    • ‘n Volledige inhoud opgawe met ‘n toenaderde woordtelling per hoofstuk.
    • Illustrasies en foto’s moet saam met die manuskrip voorsien word, waar dit vorm van die manuskrip en in ander gevalle waar dit beskikbaar is.
    • Die evalueringproses kan tot drie maande duur en manuskripte met die ingesluite gefrankeerde koevert, waar gemaakte artikels (soos in die geval van handwerkboeke), sal die artikels weer aan die skrywer terugbesorg word.
    • Digbundels moet vergesel word met ‘n inhouds opgawe van alle gelewerde gedigte.

Alle manuskripte moet voorsien word met ‘n titelbladsy waar sy naam, adres, e-pos en kontakbesonderhede gelys word.  Asook ten minste drie boek titels.  Skrywers word aangeraai om titels wat liries of te lank is, te vermy.

Alle Dagbreek Uitgewers is met die doel gestig om nuwe skrywers van hulp te wees met die publiisering van hulle werke,Fiksie,Nie-Fiksie sowel as Romanse. Manuskripte kan aan info.dagbreekuitgewers@gmail.com ge-epos of by Posbus199 kameeldrif-wes Pretoria gepos word vir goedkeuring. Erkende+Gesoute skrywers is ook welkom.

Kopiereg 2013

Dagbreek Uitgewers.

regte voorbehou.