Dit is vir my ‘n besondere voorreg om hierdie bundel met kort, een-voudige boodskappe saam te stel. My ondervinding is dat daar ‘n groot behoefte aan ‘n bundel van dié aard bestaan.
Ek glo dat hierdie bundel vir baie mense veel sal beteken in hul een-saamheid en in tye van onsekerheid.
Dit is ook my bede dat hierdie bundel met sy prikkelende gedagtes vir baie mense geestelik sal aanspreek. Dat dit vir hulle vertroosting sal bring en versterking in moeilike tye.
Ek glo dat elkeen wat dit lees en gebruik, iets vir sy eie persoonlike lewe daaruit sal put en dat dit sal help om andere se lewens te verander.
Mag die publikasie van hierdie preekbundel tot `n seën wees vir die hele kerk van Christus in ons land en dat dit sy weg in menige huis en hart sal vind.
Mag dit met seën en vrug gebruik word.
Ds Henry J. Steyn