My bergtop-ervarings saam met Brian, binne 6 maande geleef, met Psalm 23 as ‘anker’ op ons pad.
Na ons eerste gesprek deur die Leiding van die Heilige Gees, het hy dadelik gehoorsaam toe hy besef God wil met ‘hom’ praat en dat ‘dit’ sy rede is vir die stilte en omdat hy op ‘Heilige grond’ vertoef.
“Sien jy, ou nig, met my oë gerig op die voetgangers en mense in hul karre, het ek hul emosies probeer ‘uit-check’. Niemand het geweet hoe ek voel nie, want ek het self nie geweet ‘hoe’ om te voel nie.
“Nie eers ‘n ‘berggie’ wou na my kyk nie! Dit vat aan ‘n man!” huil hy.