Hierdie boek is anders. Daar is nie die gewone skryfstyl van geordende hoofstukke nie.
Dis ʼn outo-etnografie hierdie, waar jy en ek mekaar ontmoet en vryelik gesels, sonder die dwang van geordende hoofstukke.
Jy ontmoet my, wat anders as ander skrywers skryf.
In hierdie gesels ontmoeting spring ons soms weer terug na iets wat ons reeds voorheen aangeraak het, en herhaal soms iets in ander woorde as wat ons voorheen gebruik het.
Toe Jesus op aarde was, het hy nie ʼn boek geskryf nie, op ʼn PhD-Graad behaal nie. Hy het rondgereis, gepraat, en later weer wat hy voorheen gesê het herhaal. So het Hy die skrywers van die evangelies geïnspireer om op hierdie patroon te skrywe. Die Bybel is die mees wydgelese boek op aarde, met ʼn eiendomlike skryfpatroon, en ek wil graag hierdie patroon van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes in hierdie boek van my navolg. Daar is nog geen ander boek in Afrikaans wat in hierdie styl beskryf is nie. “Variety is the spice of life”.
Indien God Sy Bybel na die aarde gestuur het in die vorm van ʼn PhD-Proefskrif, sou net enkeles dit gelees het. Maar in sy huidige vorm het die Bybel die mees gelese boek in die geskiedenis geword. Hierdie boek van my is ook in die styl en vorm van die Bybel geskryf. My boek bevat van ligte humor tot diep en ernstige wetenskap.. Nou verstaan ons die kwotasie: “Variety is the spice of life”.
Ek wil jou graag ontmoet en ek hoop jy wil my ook leer ken. Ons gaan nou lekker kuier, en jy lekker lees. Welkom, dis ek hierdie.
Andries Gous.
Author: Dr A.G.S.Gous
Genre: Christelike nie-fiksie
Rating