Kom ons noem hom Hanoi, is ‘n verhaal van liefde en van die onbe-holpe Stefan wat eers as wildsplaasbestuurder en ook later mede erfgenaamd van die plaas Lank Verwagt word, na die eienaar met sy lewe boet tydens ‘n plaasaanval, wie se hart warm klop vir sy mense, land en sy diere.
Die mede eienaar van Lank Verwagt is die skone maar stoute Danelle wat sy bene vanaf die eerste oomblik onder hom uitboul. Die lesers gryp na snesies en sakdoeke, nie net vir die hartseer van die wreedhede wat plaasvind nie maar sal ook lag vir die humoristiese tonele in die verhaal.
Na die trauma en herstel proses van ‘n wrede aanval op die plaas deur ‘n goed georganiseerde sindikaat neem Stefan vir Danelle op ‘n welver-diende vakansie om mekaar beter te leer ken en vlieg na die ongelooflike mooie Sodwana baai waar hy haar leer wat dit behels om te skuba duik asook diepsee visvang te kan bemeester.
Die stropers wag geduldig dat die polisie se taakspan uit die distrik moet onttrek terwyl hulle nog ‘n aanval beplan, wat Stefan noop om die vakasie kort te knip.
Moeg om die teiken te wees, durf hy en sy span veldwagters die renosterhoring sindikaat aan, gelei deur sy geloof, sy militere opleiding en goeie voorbereiding bied hulle weerstand teen die gedugte stropers.
Die lesers op die punt van hul stoele sit met van die tonele en hul tone krul van lekkerte wanneer die skurke aan die pen ry.
Kom ons noem hom Hanoi moet die leser weereens laat besef dat daar gierige skurke is wat nie sal stop voor die laaste renoster gestroop is nie.