Author: Ingrid R. Kisting Genre:
Rating

Hierdie digbundel gebore uit my seer, geluk, swak en sterk oomblikke is slegs ‘n lusmakertjie op wat nog voorkant toe op die leser wag. So baie mense het bygedra tot die skrywe van hierdie bundel. Eerstens ons Hemelse Vader wat altyd aan my sy, voor en agter my was wanneer die stormwaters rondom en binne my gewoed het en my ook my die talent gegee om so baie dinge in die lewe te vermag. My Moeder, Sophia Magrieta Kisting, mag haar siel in vrede rus. So jammer dat ek nooit die voorreg sal hê het dat Ma my bundel in die hande sal hou nie, Ma was my “cheerleader” wat altyd maar altyd teen die kantlyn was om pom poms te swaai en my aan te moedig wanneer ek gevoel het dat die wedren te veel geraak het vir my. God het ‘n beter plan vir Ma gehad. Dankie Ma, ek sal jou ewig mis. My kinders Fernando en Chess-Lynn, baie dankie vir die aanmoediging en bemoediging asook die vertroue wat julle altyd in my gehad het. Fernando my kind, dankie vir die trots wat jy in jou moeder het, al sê jy dit nie sommer nie, sien ek dit raak.  Chessy my grootste aanhanger, baie dankie my kind vir jou ondersteuning. Ek is baie lief vir julle.

Sarel Baumgarten, my groot liefde, baie dankie vir wat jy vir my beteken het toe dit vir my moeilik was om regop te bly. Dankie vir jou aanmoediging, bystand en liefde. My stille toehoorder en leser van al my pogings. Dankie vir die “thumbs up” elke keer wanneer ek ietsie vir jou voorlees. Hierdie bundel sou absoluut onmoontlik sonder jou wees. Jy hou my hart in die palms van jou hande. Ek is baie lief vir jou. My broers en susters, Lucy, Mervin, Harold, Antoinette, en ook die wat ons alreeds vooruit gegaan het, Carla en Ralph. Baie dankie vir jul stille bydrae. Waardeer julle opreg. Whinsely en James Williams, baie dankie vir die handeklap langs die pad. Lief julle tonne. Nonelwa Gqwede, my inspirasie. Ek sal jou ewig dankbaar wees vir die aanmoediging om te skryf. Hierdie bundel is aan jou en al my geliefdes te danke. “I will always treasure the huge impact you made in my life. Thank you.”

Laastens, Henriëtte en Attie van Wyk. Baie dankie dat julle altyd in my geglo het en ook die hulp wat julle aan my verleen het tydens my skrywe. Dis voorwaar ‘n voorreg om hulp en bystand van ‘n bekroonde digter en skrywer te ontvang. Henriëtte jy is ‘n ster. Baie dankie. Almal wat bygedra het tot my skrywe, baie dankie.

Aan die leser: Mag hierdie bundel vir u leesgenot verskaf en dalk tog ook dien as Kompas wanneer die storms woed. Baie dankie waardeer jou.

Ingrid R. Kisting

irkisting@gmail.com

+264 81 337 7007

Prys: R180.00

Comments are closed.