Author: Marthinus vd Westhuizen Genre:
Rating

Hierdie Boek is geskryf om vir ons te wys dat God Gees is, en dat God met ʼn geestelike taal uit die Bybel met ons spreek om vir die onsterflike siele van die mens, voorsiening te maak vir ʼn geestelike ewige lewe. Daarom staan daar geskryf in-Joh 4:24 dat God Gees is, en die wat Hom aanbid moet in gees en waarheid bid. Dit is hoekom die mens sy siel geestelik moet voorberei vir ʼn geestelike ewige lewe, waar daar nie onnatuurlike begeertes en plesier is nie. Hierdie Boek is ook geskryf om die basiese begrippe en geestelike betekenisse en verklarings van die Bybel beter te verstaan. Eers leer jy die alfabet van A tot by Z voor jy woorde leer lees.Die boek is die eerste uitgawe van ʼn reeks boeke wat volg. 

In die begrippe wat sal volg sal ons by die Skepping begin verduidelik, sodat na die eerste begrippe gelees is, U as leser baie meer duidelikheid sal hê.

Dagbreekuitgewers Bestel Vorm

 

Verification

Prys: R270.00

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.