Author: Joey Jansen Genre:
Rating

Sy welverdiende vakansie moet uitgestel word toe die gesoute speursersant Hardus Fourie ontbied word na die Napier landgoed vir die moord op die eienaar, biljoenêr Brett Napier.

Met die intrapslag loop hy hom vas teen vrae en besef almal kan skuldig wees en het ‘n motief gehad om van die man ontslae te raak.  Die vraag is net, wie?

Hardus ondervind inmening uit ‘n onverwagte oord deur die agent, Jackie Breedt van die Speurburo, wat reeds al vir ‘n paar maande op die spoor van ‘n landsverraaier is.  Om die skuldige aan die pen te laat ry, doen sy haarself voor as een van die inwoners om in haar doel te slaag.  Na ‘n botsing met haar, begin Hardus met sy rug teen die muur baklei, opsoek na die spioen se identiteit en om die moordenaar uit te ken.

Is sy eggenote, die beeldskone model Santè Napier, die skuldige met wie die biljoenêr, ‘n geriefliksheidshuwelik aangegaan het?

Of is dit die moederlike huishouster Minki Vos, wat moeder vir sy enigste seun Rudi gespeel het.  Of miskien die chauffeur, Minki se oudste seun, Thomas?  Maar dan ook kan dit Leslie le Clercq wees, wie al vir jare ‘n oog op die biljoenêr het.

Hardus begin kop krap toe sy vriend TJ se motiewe ook nie baie suiwer blyk te wees nie, soos die feite begin opstapel.

Ook moet hy die arrogante fabrieksbestuurder Klaas inreken, vir wie Hardus by die intrapslag nie vertrou het nie.  Net so die landgoedbestuurder, Louis, wie die herehuis met die inwoners deel en verantwoordelik is vir die uitvoer van die produkte, wie se gedrag, hom ook skuldig laat lyk aan die moord.  Wie het genoeg moed bymekaar geskrap om die biljoenêr van die gras af te maak?

Prys: R99.90

order-now-button

Comments are closed.